JOHANNES 21:21-23 AFR53
21. Toe Petrus hom sien, vra hy vir Jesus: Here, maar wat van hom?
22. Jesus antwoord hom: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My.
23. Hierdie woord het toe onder die broeders uitgegaan dat daardie dissipel nie sou sterwe nie; en Jesus het nie vir hom gesê dat hy nie sou sterwe nie, maar: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan?
***
Kern gedeelte:
"wat gaan dit jou aan? Volg jy My"
Hoekom bemoei jy jou met die lewe van ander?
Ons kan nie ander mense se lewens beheer, hulle keuses vir hulle maak, of voor die "Wittroon van oordeel" namens hulle gaan staan nie.
Maar probeer vanoggend dit verstaan, dat om heeltyd op ander mense se lewens te fokus, steel nie net jou lewens geluk nie, maar laat jou van GOD af wegdryf, want hulle dade en keuses los jou soms met 'n bitter smaak in die momd.
Maar, as jy hulle tereggewys het, hulle gerig het in GOD se weë, laat hulle gaan, volg jy GOD deur jou geloof in JESUS CHRISTUS.
Deur hulle keuses sal GOD hulle ook deur die meule van die lewe laat gaan wat uiteindelik die verharde laag van sondes in hulle lewe sal wegwerk totdat GOD se Heilige Gees kan deurdring na hulle toe.
-------
GEBED.
VADER, U Woord is so tot die punt, wanneer ons lees, wat gaan dit jou aan? Volg jy my! Dankie dat U ons vanoggend daarop wys, dat ons is so besig met ander mense se lewens dat ons verhouding met U daardeur skade lei. Gee ons vandag U vrede in ons gemoed, sodat ons kan aanbeweeg, en ons fokus op ons eie verhouding met U te kan plaas.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeiding wat GOD geleide besluite kan maak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





