I KRONIEKE 10:13-14 AFR53
13. En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die Here begaan het, weens die woord van die Here wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het,
14. maar die Here nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Ísai.
***
Kern gedeelte:
"weens die woord van die Here wat hy nie gehou het nie"
Wanneer ons in gebed tot GOD nader, bid ons dat Hy ons lewe sal rig, en dat GOD se Wil sal laat geskied in ons lewe.
Dit is wat soveel van ons nie verstaan nie!
Jy bid nie jou wil in GOD se lewe in, maar vir GOD se Wil in jou lewe.
As hierdie konsep nie vir jou aanvaarbaar is nie, is ek jammer om te sê dat jy besig is om jou eie kop te volg en soos Saul sal jy toenemend meer op die arm van vlees begin steun wat jou na die verderf sal lei, want jou vertroue is nie in GOD nie, en jy beweeg nie in gehoorsaamheid nie.
Daarom, as jy vandag GOD se stem hoor, deur die inspraak van Sy Heilige Gees, verhard nie jou hart nie, maar wees gehoorsaam, al maak dit wat jy nou moet doen vir jou geen sin nie.
GOD se plan is perfek, en Hy het reeds jou pad na oorwinning vir jou uitgewerk.
Saul het dit nie gedoen en die seëninge wat vir hom bedoel was het oorgegaan na Dawid.
Moenie vandag dieselfde fout begaan nie!
-------
GEBED.
VADER, ons laat sak ons kop in skaamte, want soveel keer het U seëninge by ons verby gegaan deur ons ongehoorsaamheid. Het ons die grondpad van die lewe gekies waar mense ons ingedoen en te na gekom het. Daarom herhinner U ons vandag om nie op die arm van vlees te steun na maar dat ons vertroue slegs in U moet wees, en dat ons in absolute gehoorsaamheid moet beweeg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Wil in ons lewe sal geskied.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





