ESÉGIËL 9:9-10 AFR53
9. Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: Die Here het die land verlaat, en die Here sien nie.
10. Daarom ook, wat My aangaan, my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal hulle wandel op hulle hoof laat neerkom.
***
Kern gedeelte:
"en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking"
Die Woord van GOD is baie duidelik wanneer dit sê, Wat jy saai sal jy ook maai.
En daar is geen uitsondering wanneer dit by ons land Suid-Afrika en sy mense kom nie.
Vanoggend is die boodskap aan almal wat nog in GOD se onpartydige opregtheid staan, wat volhard om GOD te dien met hart, siel en verstand.
Hou aan bid, volhard in geregtigheid, en leef Sy Woord uit in jou lewe, want die dag kom spoedig nader wat die werke van die ongeregtiges op hulle hoof gaan neerkom, die dag wanneer GOD se oordeel soos 'n vuur deur ons land gaan trek.
Hierdie dag is nie so vêr as wat almal dink nie!
Laat die ongeregtiges voortlewe met die persepsie dat GOD die land verlaat het en dat GOD nie sien nie.
Die geregtiges sal hierdie dag sien en beleef, maar moenie vrees nie, want al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand, na jou sal dit nie aankom nie.
Staan jy net vas in GOD.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat hierdie uurglas van ongeregtigheid wat in ons land heers besig is om leeg te loop. Die vyand is oortuig dat U die land verlaat het en dat U nie meer sien nie. Min weet hulle dat die nag besig is om tot 'n einde te kom en dat U son van geregtigheid kortliks sal opkom, en die werke van ongeregtigheid voor U Heerlikheid verteer sal word. Wie ore het, laat hom hoor.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U nie sal talm nie, maar dat U oordeel oor ons land spoedig sal kom.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





