MATTHÉÜS 7:3-5 AFR53
3. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
4. Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
5. Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
***
Kern gedeelte:
"maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?"
In die eiewysheid van die mens lê die grootste probleem in ons oordeel van ander.
Wanneer ander mense nie in ons oortuigings raamwerk inpas nie, wil ons hulle oordeel en vingers wys.
Vanoggend wil ek vir jou sê, niemand is perfek nie, nie ek nie, en ook nie jy nie.
GOD het elkeen van ons anders geskape en het 'n unieke plan vir elkeen se lewe.
As iemand wel in blatante sonde voortleef nadat jy hom daarop gewys het, sny hom af, beweeg aan met jou lewe en moet jou nie met hom assosieer nie, want die sonde mag jy nie goedkeur nie.
Maar moet hom nie oordeel nie, en wys nie vingers nie, want onself staan onder die oordeel van GOD en ons is nie naastenby so perfek as wat ons wil dink of voorgee nie.
-------
GEBED.
VADER, al wat ons kan vra is dat U ons genadig sal wees, want almal sondig en almal maak foute. Verblind deur ons eiewysheid oordeel ons ander mense, maar ons vergeet dat as ons een vinger na 'n ander wys, wys daar drie vingers terug na ons. Vergewe ons asb en leer ons asb hoe om die son oor almal te laat skyn.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons oë sal open sodat ons eers die balk in ons eie oë sal raaksien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





