SPREUKE 18:20-21 AFR53
20. Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.
21. Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
***
Kern gedeelte:
"Dood en lewe is in die mag van die tong"
Vanoggend wil ek nie vra watter woorde spreek jy oor jou eie lewe nie, maar ek wil eerder die geleentheid gebruik om woorde van lewe oor jou te spreek.
Ek wil die seën van GOD ons Vader in jou lewe inspreek.
* Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.
* Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
* Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
* Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
* En mag al hierdie seëninge oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat ons vanoggend lewe kan spreek oor elkeen wat hierdie boodskap lees of luister. Laat U Heilige Gees met die boodskap saamgaan en inwerk waar dit nodig is, soos dit U behaag. Vergewe ons asb ons sondes wat nog ons seëninge terughou.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag vir die week wat voorlê.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





