LUKAS 12:35-36 AFR53
35. LAAT julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.
36. En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
***
Kern gedeelte:
"en julle lampe aan die brand"
Die instruksie is duidelik, julle heupe omgord en julle lampe aan die brand.
Is dit nog die geval, of het die sorge van die lewe veroorsaak dat jy in sak en as gaan sit?
Gemaksones van die lewe en oorvloed van besitting bepaal nie jou koers of jou lewensgeluk nie, maar in JESUS CHRISTUS sal jy jou vrede, vreugde en voorspoed vind.
Jy kan nie die rigting van die wind verander nie, maar jy kan jou seile daarvolgens aanpas.
Staan op, omgord jou heupe, wees gereed, en gaan waar die wind van GOD jou waai.
Daar sal jy jou vreugde en vrede in jou Skepper vind.
-------
GEBED.
VADER, soms blus die sorge van die lewe ons geestelike vlammetjie en brand die vuur van U Heilige Gees nie meer so helder in ons nie. Ons is nie meer gereed en wagtend op U nie, want ons kyk in die beperkings van die lewe vas. Gee ons asb vandag die krag om op te staan, U te loof sodat ons lampe weer kan brand.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe, vrede, vreugde, vergenoegdheid, voorspoed en gesondheid oor elkeen.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@incurio.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





