EFÉSIËRS 5:23, 25, 28 AFR53
23. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
25. Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.
28. So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;
***
Kern gedeelte:
"Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief"
Respek word verdien, nie afgedwing nie!
As daar chaos in die huis is, begin dit gewoonlik met gebrek aan respek, verwarring oor wie is in beheer van wat, en wie staan aan die hoof van die huis.
Ongeag wat die "verderwer" doen en sê deur middel van die "wêreld" en media kommunikasie, die man bly aan die hoof van die huis.
Waar daar nie liefde, respek, leiding, orde en dissipline is nie, help dit nie dat ons as mans daarvan wegskrum nie, want as jy een vinger na jou vrou en gesin wys, wys daar drie vingers terug na jou toe.
Staan op, neem jou verantwoordelikheid op, en behandel jou vrou soos jy graag behandel wil word.
Vra GOD om jou te lei, en as jy dan deur deur voorbeeld lei, sal dit afvryf na die res van die gesin toe.
-------
GEBED.
VADER, laat ons as mans vanoggend opstaan en ons plekke inneem as hoof van die huis, en laat ons nie ander blameer vir ons eie foute nie. Waar daar nie rigting en leiding is nie, is dit omdat ons U nie ken nie, nie naby aan U leef nie, en ons word nie gelei deur U Heilige Gees nie.
Verander asb vanoggend eers die sake van ons hart, voordat ons die sake in ons huis probeer verander.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om die regte besluite te neem.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





