PSALMS 119:125, 129-130 AFR53

July 19, 2024

125. Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.

129. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.

130. Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.


***


Kern gedeelte:

"Die opening van U woorde gee lig"


Moenie oorhaastige besluite neem nie, maar luister na die Stem van GOD.

Die woorde wat HY in jou lewe in spreek sal jou koers en jou rigting bepaal, dit sal wysheid aan jou gee om die regte besluite te maak.

Gaan sit weer, beplan van voor af, maar meer as dit, vas en bid totdat die antwoord na jou kom.

Oorhaastige besluite is nie in lyn met GOD se Woord nie, maar wie op GOD wag sal met wysheid gevul word.

Oorywerigheid, oorhaastigheid en ongeduld gaan jou tot groot skade wees.


-------


GEBED.


VADER, laat ons nie in die hitte van die oomblik optree nie, maar dat ons sal wag op U bevestiging. Daar is 'n tyd vir alles, en daarom bid ons vir wysheid, insig en geduld om versigtig te beplan sodat die besluit wat ons vandag wou neem, ons nie tot skade sou wees nie.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die regte besluit op die regte tyd.

Amen.


•••••••



Webtuiste: htpps://tentvansamekoms.co.za

E-pos: fanie.le@incurio.co.za

Sel: (+27)(0)716283107

September 18, 2025
3. Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. 4. Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, 5. so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. 6. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: *** Kern gedeelte: "dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie" Vanoggend wil ek net vir jou sê, "PASOP" vir hoogmoed, want hoogmoed is die moeder van alle sondes. Deur hoogmoed is die "verderwer" uit die hemel gewerp, en deur hoogmoed is Nebukadneser se koningkryk van hom weggeneem totdat hy erken het dat GOD die Allerhoogste is. Rykdom, faam, talente of goeie posisie wat jy dalk beklee, is genade gawes in jou lewe. Instede daarvan om onself bo ander te verhef, kom ons gebruik eerder GOD se seëninge om ander ook daarmee te seën. Soos jy met 'n oop hand ontvang, so moet jy ook met 'n oop hand gee. Laat GOD se son oor almal skyn. ------- GEBED. VADER, soveel van ons lewe nog met die "eie ek" gesindheid, en ons glo dat dit ons harde werk, vernuf en besigheids kennis was wat ons tot hier gebring het. Verblind deur ons arrogansie, besef ons nie dat elke gawe uit U Hand kom nie. Daarom wil ons vanoggend in nederigheid voor U kom om net dankie te sê dat U ons geseën het met dit wat ons vandag het. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U goedheid en U guns in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 17, 2025
4. Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! 5. Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. 6. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. *** Kern gedeelte: "Verbly julle altyd in die Here" As jou blydskap in GOD gevestig is, sal jy met dankbaarheid in jou hart lewe. Die teenoorgestelde is ook waar, as jy nog na jou blydskap in die wêreld soek, as jy nog met onvergenoegdeid deur die lewe gaan, sal jy met 'n ondankbare hart na alles kyk. In Romeine 12:2 sê staan daar duidelik geskrywe; En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed..... Miskien moet ons vanoggend nie vra vir dit wat ons begeer nie, maar eerder dankbaar wees met dit wat ons reeds het. Kyk met waardering om jou rond, en dank GOD vir elke gawe uit Sy Hand, en dankbaarheid sal ook jou hart oorspoel, en jy sal weet, jy is maar nou eenmaal, 'n geseënde van GOD. ------- GEBED. VADER, in hierdie oggend ure voel ons soms te moeg om op te staan, maar dan neem ons 'n oomblik om U te dank vir elke stukkie seënige in ons lewe, en dan eers besef ons hoe geseënd ons werklik is, en op daardie oomblik kan ons nie anders as om ons te verbly in U nie. Laat ondankbaarheid nooit vatplek in ons harte kry nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag in hierdie dag. Amen •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 16, 2025
34. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. *** Kern gedeelte: "Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad" Soms kyk ons so vas in die dag van môre, dat ons vergeet om vandag voluit te lewe. Net vir 'n oomblik, dink terug oor verlede week, die probleme en uitdagings wat jy mee moes deel. Sommige was so groot dat ons hart gekrimp het daarvan en ons kon nie 'n uitweg sien nie, maar as ons nou terugkyk, het GOD ons ook daardeur gedra, versterk en krag gegee. Die probleem wat onoorkombaar was, is nie meer nie, maar in jou gees is jy sterker, en jou geloof groei met elke tree. Daarom, staan vandag op, leef voluit, maak GOD se Naam groot, want hierdie week se berg sal volgende week se getuienis wees. Kwel jou dus nie oor die dag van môre nie, want GOD is in beheer, en Hy sal jou lei op die pad. Weet net dat ook die dag van môre is in GOD se Hand en Sy Wil sal geskied! Staan vas in jou geloof, en moenie wankel nie. ------- GEBED. VADER, vanoggend kyk ek terug en ek besef dat die aanslag van gister is my getuienis in hierdie oggend, van hoe groot U is en hoe U sake beskik binne U geregtigheid. Dankie dat U groter is as my probleme, en VADER dat U selfs negatiewe en moeilike situasies gebruik om my op te bou, te versterk sodat ek die volgende struikelblok in geloof kan hanteer, want my GOD is in beheer. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir geloof soos 'n Mosterd daad, wat sal groei, vir die "wêreld" ten aanskoue. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107.
September 15, 2025
33. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. 34. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. 35. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. *** Kern gedeelte: "maar my woorde sal nooit verbygaan nie" Deur die laaste paar dekades, het die werkers van "wêreld" probeer om die Woord van GOD te verander, af te water en ons te oortuig dat alle sonde is aanvaarbaar, solank ons onder die genade lewe. Nee vanoggend se boodskap is nie 'n Bybel debat nie, en ek wil niemand se oortuigings verander nie. Maar die waarheid van GOD se Woord en die Evangelie van JESUS CHRISTUS sal nie verander word nie, al vat hulle ook ons Bybels weg. Openbaring 14:12 AFR 33-53 vertaling lees, Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. Die wêreld kan die waarheid verdraai, maar deur die inwerking van GOD se Heilige Gees sal die waarheid altyd na vore kom. In, en deur GOD se Woord sal jy die Lig, die Weg en die Waarheid vind. ------- GEBED. VADER, dankie dat ons, deur nie U Woord net te lees nie, maar U Woord te begin uitleef en toe te pas in ons lewe, ons laat wegkeer van die sonde, die begeertes van hierdie wêreld en die pad van waarheid saam met U kan begin stap. Dankie dat U Woord nooit sal verbygaan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die Waarheid van U Woord sal deurding tot ons. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 12, 2025
5. Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. 6. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen? *** Kern gedeelte: "Die Here is vir my 'n Helper" In die lewe gaan ons mense teëkom wat dink dat alles en almal het 'n prys, en hulle kan ander mense se lewens met geld manupileer, omdat hulle self deur geldgierigheid gedryf word. Maar as ons die teks gedeelte noukerig lees sal jy die bevestiging van GOD se getrouheid en voorsiening raaklees wanneer Hy vir ons sê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Moenie deur mense aan die neus rond gelei word nie, en moenie toelaat dat jy deur ander se gierigheid meegesleep word nie. GOD het jou tot hierdie gedra en Hy sal voorsien in jou daaglikse brood. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen? ------- GEBED. VADER, my gebed is eenvoudig, gee ons asb ons daaglikse brood, nie 'n maand se brood vooruit nie, sodat ons vertroue slegs in U sal wees en dat ons nie sal steun op die arm van vlees nie. Lei ons asb in U spore van geregtigheid. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U leiding sodat ons nie in strikke van geldgierig sal trap nie. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 11, 2025
14. Want die Here jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie. *** Kern gedeelte: "en Hom van jou afwend nie" In die Woord van GOD staan geskrywe, wees heilig, want Ek is Heilig, en daarom moet ons daagliks ons motiewe, denkwyse, woorde en optrede, wat soms ver te kort skiet, ondersoek, sodat GOD se Heilige Gees Hom nie sal ontrek van ons lewe, omdat Hy iets afstootlik in ons lewe, ons huis gevind het nie. Een ding wat ons duidelik moet verstaan, jy kan in hierdie lewe alleen teen die wêreld staan as GOD nie met jou is en Sy Heilige Gees versterk jou op jou lewenspad, jy sal miskien val maar GOD sal jou weer oprig deur Sy Reddende Regterhand. Die Lig en die duisternis meng nie, dit is of die een, of die ander. Ons moet kies of ons dit wat afstootlik is, uit ons lewe gaan verwyder en of ons alleen teen die wêreld gaan probeer staan. Die laasgenoemde word nie aanbeveel nie! ------- GEBED. VADER, ons mag dalk dink dat ons alleen teen die wêreld, teen die aanslae van die "verderwer" kan staan, want U beskerm ons, self waar ons nie eers daarvan bewus is nie. Maar ons besef dit eers wanneer U, U Heilige Gees van ons ontrek het. Ons vra dat U ons tekortkomimge aan ons sal uitwys sodat ons dit wat nie moet wees nie, uit ons lewe sal verwyder. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die teenwoordigheid en ondersteuning van U Heilige Gees in ons lewe. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings