MATTHÉÜS 12:30-31 AFR53
30. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
31. Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.
***
Kern gedeelte:
"Hy wat nie met My is nie, is teen My"
Bou ons op, of breek ons af?
As ons nie Koningkryk van GOD help bou nie, dan is ons besig om afbreek daaraan te doen!
Daar bestaan nie so iets soos 'n neutrale lewe waar ons maar net saam met die stroom beweeg nie, want die stroom waarmee jy saambeweeg is die stroom van die "wêreld".
Hierin kan ons GOD nie verheerlik nie, want die Woord van GOD is duidelik wanneer dit sê, moenie aan hierdie wêreld gelykvormig word nie.
Staan op vir vir GOD, laat Sy Heilige Gees deur jou werk en begin bou aan die Koningkryk van JESUS CHRISTUS.
Dit is duidelik, wie nie vir Hom is nie, is teen Hom.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat die boodskap duidelik is, dankie dat ons nie draadsitters kan wees nie, maar of ons is vir U, of teen U. Help ons asb om nie af te breek nie maar op te bou, orals waar ons gaan. Gee ons asb die krag om U Naam uit te dra, ongeag waar ons onself mag bevind.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding en seëninge.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





