JESAJA 12:1-3 AFR53
1. EN in dié dag sal jy sê: Ek dank U, Here, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.
2. Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die Here Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.
3. En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
***
Kern gedeelte:
"U toorn is afgewend, en U het my vertroos"
Elke tydperk het 'n begin en 'n einde.
So het hierdie woestyn tydperk waardeur jy gegaan het, ook tot 'n einde gekom.
Dit was nodig om eers ons karakter te vorm, ons binne GOD se Wil vir ons lewe te kry, sodat ons op die pad vorentoe saam met GOD sal stap.
Sodat ons slegs op Hom sal vertrou en nie weer ons hulp in die wêreld sal gaan soek nie.
Nader tot GOD, en dank Hom dat sy genade ons deurgedra het, en dat ons nie langs die pad verlore geraak het nie.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir hierdie dag, waar ons al die lof en die eer aan U kan gee. Terwyl ons in die woestyn tyd, in die storms was, kon ons nie sien waar U ons gedra het nie. Eers wanneer ons daardeur is en terugkyk, besef ons dat dit slegs U genade was wat ons deurgedra het. Ons dank U daarvoor.
In die naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat voel dat hulle deur die storms oorweldig word. Gee asb krag aan elkeen en versterk hulle.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





