JESAJA 14:26-27 AFR53
26. Dit is die besluit wat geneem is oor die hele aarde, en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies
27. want die Here van die leërskare het dit besluit — wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek — wie sal dit kan afkeer?
***
Kern gedeelte:
die Here van die leërskare het dit besluit — wie sal dit kan verydel?
Ons loop rond met soveel vrese in ons lewe, terwyl GOD weet wat se planne Hy vir ons lewe het!
Planne van voorspoed, nie teënspoed nie, planne van vrede, planne van 'n hoopvolle toekoms.
Maar ons kies om die leuens van die "verderwer" te glo.
Die "verderwer" is nie GOD nie, maar wil soos GOD wees.
En net so is hy nie in beheer van jou lewe nie, maar hy wil in beheer wees.
Daarom sê die Woord, hy loop rond soos 'n brullende leeu en soek na wie hy kan verslind.
Gaan op jou knieë, dank GOD vir dit wat HY vir jou bewerk het, al kan jy dit nog nie sien nie.
Maak die deur van twyfel toe, en weet vandag, die Here van die leërskare het dit besluit — niemand sal dit kan verydel nie.
-------
GEBED.
VADER, ons sien net die negatiewe omdat ons deur die oë van twyfel na alles kyk. Verander asb ons lewens uitkyk, dat ons in geloof sal beweeg, deur die oë van geloof na die pad vorentoe sal kyk, en sal weet ons GOD is in beheer. Laat ons nie deure open wat die "verderwer" 'n houvas op ons lewe sal gee nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons, in ons gees sal versterk, sodat ons staande sal bly teen die aanslae.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





