I KORINTHIËRS 3:18-20 AFR53
18. Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
19. want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
20. en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
***
Kern gedeelte:
"Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang"
As jy voor GOD kom, tot GOD nader, maak seker dat jou motiewe suiwer is, want GOD sê in Sy Woord: Wees heilig, want EK is Heilig.
Ons kan GOD nie manipuleer nie, maar ons kan vra dat Sy regverdige oordeel oor 'n saak sal kom en dat Sy Wil geskied.
Ons kan wys wees in ons eie oë, maar dit gaan GOD nie behaag nie, en met hierdie gesindheid gaan ons, onself net skade berokken.
Ons kan miskien vir 'n wyle, 'n paar mense om die bos lei, maar onthou, GOD ken ons elke gedagte.
Kom voor GOD in nederigheid, met 'n opregte hart en die verskil sal sigbaar word in jou lewe.
-------
GEBED.
VADER, elke dag maak ons soveel foute omdat ons deur ons eie gedagtes weggevoer word. Ons denke word aan die wêreld gelykvormig, en dan tree die eie-wyshied in omdat ons U nie in die saak geken het nie. Beskerm ons asb teen ons eie gedagtes van arrogansie, weerwraak, manipulasie, en eie-sinningheid.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons naby aan U sal hou.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





