EFÉSIËRS 1:17-19 AFR53
17. dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
18. verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;
19. en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte
***
Kern gedeelte:
"aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee"
Niemand hoef geestelik blind deur die lewe te gaan nie, want die Geneesheer is reeds aan ons gegee!
As jy vanoggend die besluit neem, JESUS CHRISTUS aanneem as jou Verlosser en Saligmaker, kan jy Hom vra dat die Heilige Gees ook die oë van jou verstand, wil en emosie sal open.
Dan kan jy ook met 'n versekerde verwagting leef want jy sal Sy Wonderwerkende Krag in jou lewe ervaar!
As jy vanoggend in die donker tas, in onsekerheid leef, nie hoop vir die toekoms het nie, neem die stap, bely jou sondes, keer jou weg daarvan, neem JESUS CHRISTUS AAN, en word deel van geestelike verligtes.
Al sal jy nog in die wêreld wees, sal jy nie meer van die wêreld wees nie.
-------
GEBED.
VADER, ons is siende blind, en horende doof omdat ons, ons nog nie na U toe gekeer het nie. Ons geestelike oë word dof en die gedagtes van ons verstand vertroebel wanneer ons van U weg beweeg. Gee ons asb die krag om vandag hierdie skeidsmuur van sonde af te breek.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bely ons, ons sondes en vra dat U ons sal vergewe, en ons op 'n nuwe pad sal plaas.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





