EFÉSIËRS 2:19-22 AFR53

July 29, 2024

19. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

20. gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,

21. in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here,

22. in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.


***


Kern gedeelte:

"in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van GOD in die Gees"


Ek wil vanoggend werklik jou aandag bring op 'n gedeelte van die kern gedeelte.

: tot 'n woning van GOD in die Gees!

Een van twee geeste gaan by ons inwonend wees.

Of die Gees van GOD of die gees van die wêreld, die "verderwer".

Gebrek aan geloof, twyfel, negatiwiteit, onmin, twis, skinder, lieg steel, haat, afguns, ensovoort is die gees van die "verderwer" wat in jou heers.

Die Gees van GOD, is geloof, krag, sterkte, standvastigheid, liefde, geduld, eenheid, vrede, en soveel meer.

Jou hoef nie die Gees van GOD in jou te probeer verkondig nie, want die wêreld sal GOD se Lig deur jou sien uitstraal.

Netso kan ons maar sê dat die Gees van GOD by ons inwonend is, maar ons optrede sal die teendeel bewys, want die gedrag van die wêreld sal in jou sigbaar wees.

Ons kan leuens vir ander probeer vertel, maar die waarheid sal deurbreek soos die môreson.


-------


GEBED.


VADER, hierdie is vanoggend 'n harde waarheid om mee te deel, die waarheid van watter gees in ons heers. Help ons asb met self-ondersoek, laat U Heilige Gees ons daarop wys waar daar nog tekens van die wêreld in ons sigbaar is, en gee ons asb die krag om dit uit ons lewe te verwyder. Laat alles wat ons doen ter ere van U Naam sal wees.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat hierdie week, 'n week van GOD gegewe deurbrake sal wees. 

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za

Sel: (+27)(0)716283107

June 18, 2025
2. En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het. 3. En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan. *** Kern gedeelte: "En toe hulle gevas en gebid het" Vanoggend se boodskap is kort, maar tot die punt. Ek oordeel niemand, maar as jy glo dat jy nie kan vas nie moenie begin nie, want jy het reeds opgegee nog voor jy begin het. As jy van opinie is dat daar geen voordeel in vas en gebed is nie, hou vas waaraan jy glo, want dit is steeds jou opinie. Maar weet dat JESUS self aan sy dissipels gesê het, Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie. Die wêreld sal jou anders probeer oortuig, maar deur gebed en vas sal jy nie net jou geestelike lewe verbeter nie, maar jou liggaam en gesondheid sal ook daarby baat.. ------- GEBED. VADER, ons vra dat U Heilige Gees ons sal lei oor wanneer ons moet vas, en vir hoe lank. Leer ons asb om 'n GOD welgevalle lewe voor U te lei, en dat ons sal wegdraai van die wêreld en sy sondes, terug na U toe. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons volharding van ons geloof in U. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 17, 2025
22. Daarop het die volk hom toegeroep: 'n Stem van 'n god en nie van 'n mens nie! 23. En onmiddellik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe. 24. Maar die woord van God het gegroei en toegeneem. *** Kern gedeelte: "Maar die woord van GOD het gegroei en toegeneem" Orals waar jy mag gaan op jou lewenspad sal jy mense teëkom, wat jy dwarsboom, jou sal probeer ondermyn. Toe ek jonger was het dit my gepla en wou ek vuur met vuur bestry, maar namate die jare aangestap het, het ek besef dat al wat ek moet doen is om in geregtigheid te bly staan, op GOD en sy werk te fokus en stil te wees, en die geveg in GOD se hande te los. Daarom sê GOD se Woord, wees stil, Ek sal vir julle stry. Hier het die magtige Herodes, die een oomblik nog vol van homself, nie die eer aan GOD gegee nie, en die volgende oomblik het GOD hom uit die prentjie verwyder, maar die Woord van GOD het gegroei en toegeneem. Daarom, gee aan GOD die eer, wy jou lewe toe aan GOD, en bly staan in Sy onpartydige opregtheid, en sien hoe GOD jou verhoog, hoe jy beklee word met outoriteit. ------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig, die geveg, is nie ons geveg nie, maar ons het net nodig om op U, ons verhouding met U, en U werk te fokus. Dankie dat U ons tafel dek voor ons aangesig, in die teenwoordigheid van ons teëstanders, sodat hulle U seën in ons lewe kan sien, maar niks daaraan sal kan doen nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Goedheid en U Guns ons sal volg al die dae van ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 16, 2025
33. JULLE moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken. 34. Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. 35. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. 36. Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. 37. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. *** Kern gedeelte: "en uit jou woorde sal jy veroordeel word" Ek het die teksvers gedeelte probeer korter maak, maar elke teksvers ondersteun die volgende teksvers. Ons lewe werklik in 'n tyd waar ons ook kan sê, Addergeslag, want bitter min mense met wie ons paaie kruis is werklik opreg met ons. Voor ons is hulle skynheilig, lewe hulle 'n lewe van voorgee met die hoop om iets by jou te baat. Maar as jy die kraantjie toedraai, en hulle het nie meer nut vir jou nie, dan begin die stories, aantuigings, verdraaide waarheid. Dan leer jy die ydele woorde, wat uit die hart van die mens kom, baie goed ken. Pasop vir die mens teenoor wie jy oopmaak, vir wie jy jou planne vertel en jy jou lewens tekortkomimge mee deel, want dit is feitlik gewaarborg dat daardie persoon môre sal omdraai en alles teen jou sal gebruik tot hulle voordeel. ------- GEBED. VADER, ons besef nie altyd dat die makste honde byt die seerste nie, en daarom praat ons dikwels ons harte uit met die mense wat juis die geleentheid soek om ons in die rug te steek. Plaas asb 'n wag voor ons mond, en gee aan ons 'n gees van onderskeiding sodat ons nie in die strikke van die lewe sal trap nie. Beskerm ons asb teen onself. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die waarheid in elke situasie na vore sal kom. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 13, 2025
2. Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef. 3. Die Here is 'n krygsman; Here is sy naam. 4. Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink. *** Kern gedeelte: "Die HERE is my krag en my psalm" Vanoggend wil ek die lof, prys en eer aan die HERE gee, en ek wil vir jou sê, as GOD al is wat jy oorhet, het jy alles wat jy nodig het. Waar Moses voor daardie see gaan staan het, het hy tot GOD uitgeroep, want hy het nie meer geweet watter kant toe nie. En GOD antwoord hom: Wat roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek. En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek. Vanoggend wil ek vir jou sê, lig jou staf op in gebed en steek jou hand uit oor jou probleme, jou doodloop straat, en sien hoe GOD vir jou 'n pad oopmaak waar daar nie 'n pad is nie en die onmoontlike, moontlik maak. Ek sê weer, as GOD al is wat jy oorhet, het jy alles wat jy nodig het! ------- GEBED. VADER, U gee oorwinning soos geen mens dit kan doen nie, en U is 'n GOD wat die onmoontlike, moontlik maak! Ons eer en dank U vir die oorwinning, en vir die pad wat U reeds vir ons voorberei het, al kan ons dit nog nie sien nie. Alle eer en lof aan U, ons GOD! In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir U Leiding, U Insig wat U deur U Heilige Gees in ons lewe inspreek. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 12, 2025
6. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande. 7. Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. *** Kern gedeelte: "Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie" Waarom is daar vanoggend vrees in jou gemoed? Het GOD jou nie tot hier toe nog gedra, en jou deur elke situasie gehelp nie? Die engelse woord vir vrees is "fear" en dit staan vir die volgende * F - False * E - Evidence * A - Appearing * R - Real En dit is wat die "verderwer" in jou gedagte plaas! Jy is nie goed genoeg nie, jy gaan nie bo uitkom nie, jou besigheid gaan dit nie maak nie, jy gaan nie deur hierdie siekte kom nie, is maar enkele van die leuens wat daagliks jou voorgehou word. Jy moet kies of jy dit gaan glo, en of jy gaan opstaan en verklaar: GOD het my deur al die lewens storms tot hier toe gedra en Hy sal die pad voluit met my stap. GOD sal my nie begeef of verlaat nie! ------- GEBED. VADER, dankie dat uit hierdie storm, ons deurbraak tot voorskyn sal kom. Dankie dat U, in U Woord bevestig dat U planne van 'n hoopvolle toekoms vir ons het, planne van lewe en lewe in oorvloed. Gee aan ons asb die krag om in geloof te bly staan. In die Naam van ons Meester YESHUA bid ons vir U vrede wat alle verstand te bowe gaan. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
June 11, 2025
14. HERINNER aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders. 15. Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. 16. Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid, *** Kern gedeelte: "wat die woord van die waarheid reg sny" Ongelukkig is daar net een waarheid, en daardie waarheid is in die Woord van GOD saamgevat. JESUS CHRISTUS maak dit duidelik wanneer Hy sê, Ek is die Lig, die Weg en die Waarheid. Hierdie is die harde realiteit, soos gekrywe is in Openbaring 14:12: Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van GOD en die geloof in JESUS bewaar. Ons kan die twee nooit van mekaar skei nie, en ons kan nie met die Naam van ons Verlosser op ons lippe loop en met die wêreld in ons hart nie. Deur die Woord van GOD nie net te lees nie, maar te begin uitleef, sal die Heilige Gees die sluier ons oë meer en meer lig sodat ons ook die waarheid kan sien, sodat ons daarin kan staan. ------- GEBED. VADER, leer ons asb hoe ons in U Waarheid moet staan en U Woord sonder voorgee te spreek sodat meer siele tot ware bekering sal kom. Die "verdewer" lei die wêreld en sy mense aan die neus rond en hulle kan die Waarheid van U Woord nie verstaan nie. Laat U Lig asb deur ons skyn, sodat die Waarheid van U Woord sal deurbreek soos die daggeraad. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons voetstappe sal rig op ons lewenspad. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings