PSALMS 119:105-106, 109 AFR53
105. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.
106. Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.
109. My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.
***
Kern gedeelte:
"U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad"
Miskien is jy vanoggend frustreerd omdat jy nie weet wat die dag van môre gaan inhou nie.
Maar daardie informasie is nie vir ons beskore nie, want die Woord van GOD leer ons dat ons moet bid vir ons daaglikse brood.
Ons moenie dinge probeer vooruit hardloop nie, haastige spronge maak nie, want daarin lê die besluite van spyt, van jammer wees.
'n Lamp gee genoeg lig vir jou volgende tree, nie vir die hele pad vorentoe nie en daarom bid ons dat GOD ons vandag sal vooruitgaan en ons paaie sal gelykmaak.
Raak rustig, want in jou kalmte sal jy antwoorde kry, in die stilte sal jy GOD se stem hoor.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons vanoggend daarop wys dat ons 'n tree terug moet neem, stil moet raak en op U moet vertrou. Die antwoorde en die oplossings sal ons by U voete vind. Soos elke nuwe dag breek sal U vir ons wys wat die volgende tree sal wees. Laat ons nie in ons eiewysheid besluite maak nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons deur hierdie dag sal dra, een tree op 'n slag.
Amen.
***
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





