LUKAS 14:18-20 AFR53
18. En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het 'n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.
19. En 'n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.
20. En 'n ander een het gesê: Ek het 'n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.
***
Kern gedeelte:
"En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig"
Ja, soos die spreekwoord sê, dood het ook 'n oorsaak!
Daar sal altyd 'n rede wees hoekom ons te besig is om met die Woord van GOD betrokke te raak.
Die Woord te lees, te verkondig en dissipels te maak.
Maar wanneer ons net vir 'n oomblik gaan sit en 'n tyd's analisie doen, sal ons vinnig besef wat vir ons belangrik is.
Die Woord sê vir ons, waar jou skat is daar sal jou hart ook wees.
Met hierdie groter prentjie in ag geneem, waar is die skat van jou hart?
Is dit die Woord van GOD en die verkondiging daarvan?
Of staan ons ook vanoggend en verontskuldig onsself?
Ons kan dalk nog vandag daarmee wegkom, maar die dag gaan aanbreek wanneer die kaf van die hooi geskei gaan word.
Gebruik die tyd en lewe voluit vir GOD, want ons weet nie wat die dag van môre gaan inhou nie.
-------
GEBED.
VADER, U Woord sê, jy moet die HERE jou GOD liefhê met jou hele hart, siel en verstand. Jy mag geen afgode hê nie, en tog is enige iets belangriker as GOD, is 'n afgod. Daarom vra ons vanoggend dat U Heilige Gees in ons sal inwerk om die afgode waarmee ons, ons besig hou, na vore te bring. Ons vra dat U hierdie verskonings uit ons lewe sal verwyder, alles waarmee ons onself probeer verontskuldig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die waarheid, in elke situasie na vore sal kom.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





