KLAAGLIEDERE 3:37-42 AFR53
37. Wie spreek daar, en dit gebeur? Het die Here dit nie beveel nie?
38. Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?
39. Wat klaag 'n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.
40. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die Here bekeer;
41. laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:
42. Óns het oortree en ons was wederstrewig — Ú het nie vergewe nie.
***
Kern gedeelte:
"Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die Here bekeer"
Bekering in kort, beteken om weg te draai van die sonde, en dit nie meer te doen nie.
Wanneer ons egter geestelik blind is, sien ons niks verkeerd met oms huidige weë nie.
Maar wanneer die Heilige Gees in ons begin inwerk, dring die Lig van JESUS CHRISTUS deur na ons, en ontwikkel ons die behoefte om ons weë na te speur en tot bekering te kom.
Dan eers sal ons opstaan, en ons hart saam met ons hande ophef en sê; ons het oortree en ons was wederstrewig.
As jy vanoggend nog worstel met hardnekkige sondes, bely dit, bring dit voor die voete van GOD.
Daar sal jy krag kry om dit te oorkom.
-------
GEBED.
VADER, dit is die hardnekkige sondes wat bly terugkom en 'n skeidsmuur vorm tussen ons en U. Dit dryf ons sistematies weer terug na die weë van hierdie wêreld. Open asb ons hart en ons verstand, sodat wanneer ons, ons weë naspeur, dat ons nie blind sal wees vir ons eie foute nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om die hardnekkige sondes in ons lewens te oorkom.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





