II TIMÓTHEÜS 3:16-17 AFR53
16. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
17. sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
***
Kern gedeelte:
"sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus"
In die laat ure van die nag lê die Heilige Gees reeds hierdie gedagte op my hart.
Soos wat die mediese spesialis X-straal plate gebruik om vir hom te wys waar die breuke, die probleme en die siekte lê, so gebruik die Heilige Gees, die Woord van GOD om ons tekortkominge na vore te bring.
Areas waar ons geestelik tekort skiet!
As die spesialis nie die X-straal plate neem nie, sal hy in raaisels, onsekerheid en twyfel die besering of siekte probeer behandel.
So ook ons lewe wanneer ons nie GOD se Woord opneem en begin lees nie.
Ons sal bly ronddwaal in twyfel, onsekerheid en sondes van hierdie wêreld.
As jy genesing nodig het, sal jy dit in die Woord van GOD vind.
-------
GEBED.
VADER, U Woord sê, ons dwaal, omdat ons die Skrifte nie ken nie. Ons vra vanoggend dat U Heilige Gees, die Woord vir ons sal oopbreek, sodat ons volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. Laat U Woord ons lewens kompas wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U, deur U Woord tot ons sal spreek.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





