MATTHÉÜS 15:18-19 AFR53
18. Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.
19. Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
***
Kern gedeelte:
"Maar die dinge wat uit die mond uitgaan"
Vanoggend wil ek hierdie boodskap begin met die volgende stelling:
As die Woord van GOD nie op jou lippe is nie, dan is die woorde van hierdie wêreld op jou lippe.
As ek na jou woorde luister, sal ek weet wie jy aanhang en waar jou prioriteite is.
En so gaan die gesêgde ook, wat die hart van vol is, loop die mond van oor!
Daarom sê die Woord van GOD vir ons;
Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
As jy vanoggend nie seker is oor jou prioriteite nie, luister net na jou eie woorde, en dit sal jou tot bevestiging dien.
-------
GEBED.
VADER, soms as ons terugkyk na die gebeure van 'n dag, die woorde wat ons gespreek het terugspeel, besef ons dat U waarskynlik nie ons eerste prioriteit was nie, en dat ons vermoeid en belas is, oor die dinge van hierdie wêreld. Daarom is ons meer besorgd oor die sake van hierdie wêreld. Maak ons asb stil, en laat U Gees deur ons werk en spreek.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons U ons sal rig op ons pad, en ons sal lei in ons besluite.
Amen.
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





