I SAMUEL 25:32-34 AFR53
32. Toe sê Dawid vir Abígail: Geseënd is die Here, die God van Israel, wat jou vandag my tegemoet gestuur het!
33. En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te geraak en my met eie hand te help.
34. Maar so waar as die Here, die God van Israel, leef wat my verhinder het om aan jou kwaad te doen — as jy my nie gou tegemoetgekom het nie, voorwaar, daar sou van Nabal niemand wat manlik is, tot die môrelig oorgebly het nie.
***
Kern gedeelte:
"En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het"
Miskien het GOD, jou ook vir 'n seisoen in 'n posisie van ondankbaarheid geplaas.
'n Posissie waar jy gedurigdeur die kole uit die vuur moet krap vir iemand anders, maar sonder enige waardering vir dit wat jy doen.
So moes Abigail ook met Nabal saamleef en moes sy deel met Nabal se slegte gesindheid en hart van ondankbaarheid.
Maar aan die einde het GOD haar dit vergelde, Nabal is dood en Abigail het die koning se vrou geword.
Dus, moet jou nie laat ontstel deur ander se selfsug en hart van ondankbaarheid nie, doen wat GOD op jou hart lê, en HY sal jou dit vergelde.
-------
GEBED.
VADER, ons raak dikwels moeg, frustreerd en verstaan nie hoekom ons nog iets vir iemand moet doen wat geen waardering daarvoor het en net in hulle eie selfsug vasgevang is nie. Maar vanoggend kom antwoord U die vraag, en ons besef dat ons hierdie seisoen moet deurleef, want iets groter is oppad. U sal beloon volgens die werke van ons hande.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U elkeen die krag sal gee om ook die seisoen deur te leef.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





