LUKAS 10:2, 4, 9 AFR53
2. Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.
4. Moenie 'n beurs of 'n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie.
9. En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.
***
Kern gedeelte:
"En maak die siekes gesond wat daarin is"
Hierdie was een van die instruksies van JESUS CHRISTUS wat hy sy dissipels gegee het; "en maak die siekes gesond".
Dikwels sal dit wel so gebeur dat die siekes na jou toe gestuur sal word, om hulle die hande op te lê en vir hulle te bid.
Wat doen jy dan wanneer dit gebeur, sien jy GOD se plan raak en beweeg in gehoorsaamheid of is jy so vasgevang in jou eie sake, jou eie besigheid, dat jy GOD se werk laat oorstaan, laat verbygaan.
Miskien is hierdie boodskap vanoggend dalk 'n 'wakker maak oproep', fokus jy op GOD se werk en laat GOD met die sake van hierdie wêreld deel.
Miskien is dit tyd dat ons weer ons prioriteite in orde kry.
-------
GEBED.
VADER, vergewe asb ons ongehoorsaamheid, dat ons die dinge van hierdie wêreld bo U werk stel. Dat ons meer besorg is oor ons sake as om genesing deur U Naam, aan ander te bring. Help ons asb om vandag ons huis in orde te kry, ons prioriteite uit te sorteer en U werk eerste te stel.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons elke geleentheid sal aangryp om aandag aan U werk te gee.
Amen.
-------
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





