LUKAS 10:10-11, 16 AFR53
10. Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê:
11. Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het.
16. Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.
***
Kern gedeelte:
"Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af"
Ons is gestuur om die evangelie te verkondig, nie om die persoon/e se lewens vir hulle te lei nie.
So onsimpatiek as wat dit mag klink, daar kom ook 'n tyd vir omdraai en wegstap.
Daarom sê JESUS, as hulle julle nie ontvang nie, gaan uit op die strate en sê, Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af.
Daarom as jy die Woord van GOD tot by die persoon gebring het, het jy jou deel gedoen, en die bloed is nie meer op jou hande nie.
Om toe te laat dat jy deur die persoon misbruik word, gaan hom nie nader aan bekering bring nie.
Dit is 'n pad wat hy/sy met GOD moet stap.
-------
GEBED.
VADER, gee asb aan ons 'n gees van onderskeiding, om te identifiseer wanneer hulp in misbruik verander. Wanneer iemand verwag dat, omdat ons U Evangelie aan hulle verkondig het, ons ook hulle lewens vir hulle moet lei en hulle keuses vir hulle moet maak. Gee ons asb die krag om nee te sê, wanneer genoeg ook genoeg is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van standvastigheid in U.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





