LUKAS 9:54-56 AFR53
54. En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het?
55. Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie;
56. want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na 'n ander dorp vertrek.
***
Kern gedeelte:
"Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie"
Hoe dikwels reageer ons nie soos die dissipels nie, en wil onmiddelik met 'n gees van weerwraak optree.
Ons kyk so vas in die reaksie van mense, en wil dan daarop reageer.
Maar JESUS het hom nie van stryk laat bring nie, maar het aanhou fokus op Sy einddoel, op Sy reis na Jerusalem.
Vanoggend die vraag, gaan jy deur die reaksie van mense van stryk gebring word, gaan die gees van weerwraak in jou oorneem?
Of gaan jy fokus op die pad wat jy saam met GOD stap?
Laat die optrede van mense op hulle rus, maar hou jy aan om in geregtigheid saam met GOD te stap.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend vra ons vir die krag om op U, en U doel vir ons lewe te fokus. Laat die negatiewe gedra van ander mense nie ons koers verander of ons in struikeling bring nie. Ons weet dat aanslae daagliks oor ons pad sal kom, want die "verderwer" plaas soms mense in ons lewe, om vir ons as struikelblokke te dien.
In die Naam van ons Meester YESHUA bid ons vir elkeen wat worstel met siekte. Laat U genesende Hand vandag oor elkeen beweeg.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





