GALÁSIËRS 2:12-13 AFR53
12. Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.
13. En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Bárnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.
***
Kern gedeelte:
"hom laat meevoer het deur hulle geveins"
Hoe dikwels sien ons dit nie, hoe mense hulle laat verander deur ander mense of voor ander mense hulleself anders voordoen?
As jy in die Waarheid van GOD leef en jy is gered in JESUS CHRISTUS, sal jy daarin standvastig wees en nie daarvan afwyk nie nie.
Wil jy GOD behaag of wil jy die mens behaag?
As jy GOD wil behaag, staan jy in sy Waarheid, leef volgens Sy Wil en Sy Weg, en laat die opinie van mense presies net dit bly, die opinie van mense.
Moenie deur die toneelsplelers van valse karakter meegesleep word nie.
-------
GEBED.
VADER, gee ons asb die krag om ons standvastigheid in U te vind, ongeag die opinies van mense in hierdie wêreld. Laat U Gees ons lei soos dit U behaag sodat ons in U waarheid kan bly staan. Laat ons besef dat die "verderwer" altyd 'n verdraaide weergawe van die waarheid sal voorhou.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat onseker voel oor die toekoms, en vra dat U hulle sal lei in hulle besluite.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





