II KONINGS 21:20-22 AFR53
21. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, soos sy vader Manasse gedoen het.
21. En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het, en die drekgode gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig.
22. En hy het die Here, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die Here gewandel nie.
***
Kern gedeelte:
"En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het"
Wees versigtig hoe jy jou lewe ly, want kinders doen nie wat ons sê nie, maar hulle doen wat ons doen.
As ek ouers se gesindheid en gedrag wil sien, of wat in hulle huise aangaan, hoef ons net te luister en te kyk na die kinders.
Soos die Lig van JESUS CHRISTUS deur ons moet skyn, so is die gedrag van ons kinders, 'n spieēl beeld van ons lewe en ons gesindheid
Ons moet lei deur voorbeeld, en nie deur woorde nie.
As GOD die middelpunt van jou lewe is, sal HY ook die middelpunt van jou kinders se lewe wees.
-------
GEBED.
VADER, hoe duidelik is hierdie boodskap nie. Laat ons as ouers eers aan ons eie lewe werk, aan ons verhouding met U, sodat ons kinders in ons voetspore kan volg. Laat ons as ouers nie ons kinders faal deur 'n voorbeeld te stel wat U nie welhaaglik is nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal leer hoe om ons kinders in U Wil, U Weg en U Weë te leer.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





