II KONINGS 20:4-5 AFR53
4. En Jesaja het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die woord van die Here het tot hom gekom en gesê:
5. Draai om en sê vir Hiskía, die vors van my volk: So spreek die Here, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die Here.
***
Kern gedeelte:
"Ek het jou gebed gehoor"
Soms voel ons dat ons gebede die plafon tref en soms voel dit of GOD sloer met die antwoord van gebede.
Vir elke durasie voor die antwoord kom, is daar 'n rede, maar die feit bly staan, die gebed van die regverdige het groot krag.
Toe Hiskia, wat rein voor GOD gelewe, in nederigheid en waarheid tot GOD genader het, het GOD sy gebed gehoor en Jesaja het nog nie by die voorhof uitgegaan voordat GOD hom geantwoord het nie.
Wat ek probeer sê, GOD antwoord gebede, hou aan bid, moenie moed opgee of ophou bid nie.
-------
GEBED.
VADER, soms twyfel ons in ons gemoed, maar vanoggend kan ek weereens getuig dat U my GOD, gebede verhoor. U is 'n GOD van wonders, en in 'n oomblik verander U sake. U maak die onmoontlike moontlik, waar daar geen uitweg was nie. Dankie dat U berge skuif, en dankie dat U die see voor ons oopmaak, want U maak 'n pad waar die mens alle hoop verloor het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U gebede sal verhoor waar U kinders tot U nader.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





