I KORINTHIËRS 14:33 AFR53
33. want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.
***
Kern gedeelte:
"want God is nie 'n God van wanorde nie"
Vanoggend net 'n paar woorde as stof tot nadenke.
Waar daar twis, argumente, gebrek aan dissipline is, sal die sonde nie vêr agter dit volg nie.
Die "verdêrwer" weet, waar daar verwarring en verdeeldheid is, is daar vir hom siele, wat hom sal volg oppad hêl toe.
Maar waar ons standvastig, doelgerig, gehoorsaam is, waar ons in eenheid saam beweeg in JESUS CHRISTUS, sal niks ons van HOM kan skei nie.
Sit net vanoggend so oomblik stil en kyk waar die twis, argumente, onmin en wanorde se oorsprong is, en dan sal ons die oorsprong van die "verdêrwer" se plan ook sien.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat ons vanoggend net vir 'n oomblik kan stil word en ons eie lewens in oënskou neem, en ons vra dat U Heilige Gees ons oë sal open vir ons eie tekortkominge. Laat ons dit belei en erken waar ons nodig het om te verander, en gee U ons asb die krag om die probleme te oorkom. Maak ons asb standvastig in U.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat in die chaos van die wêreld vasgevang is. Gee hulle asb rigting en leiding soos dit U behaag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@incurio.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





