II KONINGS 19:6-7 AFR53
6. sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die Here: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.
7. Kyk, Ek sal 'n gees in hom gee, dat hy 'n gerug hoor en na sy land terugtrek, en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.
***
Kern gedeelte:
"Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het"
Hoe dikwels voel ons nie geintimideerd of bedreigd deur woorde wat teen ons gespreek word nie.
Leë woorde van mense wat nog in die weë van hierdie wêreld vasgevang is.
GOD bepaal nie net ons weë nie maar hulle weë ook, en soos GOD ons beskerm sal hy die wat dreig en moord blaas, ook in struikeling bring.
Hier het 'n magtige koning teen die gesalfde van GOD, teen Hiskia opgestaan, hom gedreig deur sy mag en possisie, en aan die einde het hy gesterf aan die hande van sy eie seuns.
-------
GEBED.
VADER, so dikwels word ons oorheers deur woorde van mense omdat ons met vrees daarop reageer. Hiskia het egter hierdie dreigbriewe voor U voete kom neerlê, en omdat sy vertroue in U gevestig was, het U met die saak gedeel. Leer ons asb vandag om ook ons probleme wat onoorkombaar lyk, voor U voete te kom plaas en U in die saak te ken.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir rigting en leiding in hierdie dag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





