JOB 42:10, 12 AFR53
10. En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
12. En die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin..........
***
Kern gedeelte:
"En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het"
So dikwels wanneer ons in 'n verskil of dispuut met 'n ander staan, wil ons graag die laaste woord inkry.
Ons dra nog hierdie gevoel, as ek hom net die volgende kon sê!
Maar dit sal nie die oplossing wees nie, want die laaste woord is gewoonlik die begin van 'n nuwe argument.
Laat die saak gaan, en bid eerder daaroor, stel die saak voor GOD se voete en laat HY regverdig oordeel.
Dit maak jou vry van die gebondenheid van die argument wat nog nie afgesluit is nie, en jy kan aanbeweeg en op jou toekoms fokus wat GOD vir jou beplan.
In tyd sal GOD se regverdige oordeel na vore kom, en dan sal jou einde meer geseënd wees as jou begin.
GEBED.
VADER, dankie dat ons vanoggend die argumente, die verskille voor U voete kan plaas. Dankie dat U die verlede tot 'n einde gebring het, sodat ons van vandag af op ons toekoms saam met U kan fokus. Gee ons asb die vrymoedigheid om vir almal te bid, selfs die mense wat ons te-nagekom het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir almal wat van ons verskil, ons teenstaan, en mag U seën ook op hulle wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





