‭JOB 42:10, 12 AFR53‬

June 24, 2024

‭10. En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.

12. En die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin..........


***


Kern gedeelte:

"En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het"


So dikwels wanneer ons in 'n verskil of dispuut met 'n ander staan, wil ons graag die laaste woord inkry.

Ons dra nog hierdie gevoel, as ek hom net die volgende kon sê!

Maar dit sal nie die oplossing wees nie, want die laaste woord is gewoonlik die begin van 'n nuwe argument.

Laat die saak gaan, en bid eerder daaroor, stel die saak voor GOD se voete en laat HY regverdig oordeel.

Dit maak jou vry van die gebondenheid van die argument wat nog nie afgesluit is nie, en jy kan aanbeweeg en op jou toekoms fokus wat GOD vir jou beplan.

In tyd sal GOD se regverdige oordeel na vore kom, en dan sal jou einde meer geseënd wees as jou begin.


GEBED.


VADER, dankie dat ons vanoggend die argumente, die verskille voor U voete kan plaas. Dankie dat U die verlede tot 'n einde gebring het, sodat ons van vandag af op ons toekoms saam met U kan fokus. Gee ons asb die vrymoedigheid om vir almal te bid, selfs die mense wat ons te-nagekom het.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir almal wat van ons verskil, ons teenstaan, en mag U seën ook op hulle wees.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za

Sel: (+27)(0)716283107


February 24, 2026
38. Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My. 39. En Hy het 'n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. *** Kern gedeelte: "nie soos Ek wil nie, maar soos U wil" Ook in ons lewe sal daar tye kom wat sekere uitdagings bring, tye wat ons sal bid en vra VADER, as dit moontlik is, laat hierdie beker by ons verbygaan, nogtans nie ons wil nie, maar U Wil. Een ding wat ek deur die verloop van baie jare geleer het, GOD maak nie foute nie! Elke uitdaging, struikelblok, woestyn tyd en siekte wat ons moes oorkom, het ons net sterker gemaak, karakter gevorm en ons deursettings vermoë geleer. Nie alleen dit nie, dit het ons ook geleer om nie sommer net te besluit nie, maar om GOD te ken in elke saak en op Hom te vertrou om ons deur te dra. Maak nie saak wat jou probleem vandag sal wees nie, gee die eerste tree, en GOD sal jou die krag gee, Hy sal jou deurdra, maar jy moet volhard in Sy plan vir jou lewe. ------- GEBED. VADER, soveel keer stap ons weg van U plan vir ons lewe, mis ons die deurbrake wat U reeds vir ons voorberei het, omdat ons nie U plan vir lewe volg nie. Vandag kom ons voor U en vra, nie soos ons wil nie, maar soos U Wil, want ons weet dat U ons reeds tot hiertoe gedra het, krag gegee het, ons vesterk het. Daarom kan ons ook vanoggend sê, met my GOD loop ek 'n bende storm, met my GOD spring ek oor 'n muur. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om te volhard, en nie langs die pad op te gee nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 23, 2026
13. Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. 14. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg. *** Kern gedeelte: "Vrees God en hou sy gebooie" Daar is soveel verwarring oor wat is reg en wat is verkeerd, en tog is die Woord van GOD so eenvoudig dat selfs 'n kind dit kan verstaan. In Mattheus 6:33 staan geskrywe: Soek eers die Koningkryk van GOD en Sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. As jy GOD se gebooie noukerig lees en verstaan wat jy lees, sal jy in die eerste vier gebooie jou verhouding met GOD verstaan en in die laaste ses, die verhouding tussen mens en mens. Dan begryp ons beter wanneer die Prediker sê: Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Moenie dat mense jou verwar nie, lees self GOD se Woord, spandeer tyd in gebed, en die waarheid sal jou vrymaak. *** GEBED. VADER, laat U Heilige Gees die sluier oor ons oë lig sodat ons die Waarheid vannU Woord kan sien en verstaan. Leer ons asb om weer te glo soos 'n kind en nie in twyfel te staan teenoor U beloftes nie, want U is 'n Waarmaker van U Woord. Laat die boodskap van U Evangelie nie by ons bly nie maar dat ons die waarheid van U Woord versprei met elke geleentheid. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir GOD geseënde lippe wat slegs die waarheid sal spreek. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 20, 2026
41. En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? 42. Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. *** Kern gedeelte: "Waak en bid" Die ouer mense het altyd gesê, nee kyk, nou het ek alles gesien! Maar vandag wil ek vir jou sê, nee, jy het nog nie alles gesien nie, want elke dag voeg die "verderwer" 'n nuwe verleiding, in hierdie wêreld by, 'n nuwe wapen wat jy tot struikeling kan bring. Moenie vir een oomblik dink dat jy nie aangeraak sal word deur die sondes en verleiding van hierdie wêreld nie. Alles wat 50 jaar terug ondenkbaar was vir ons ouers, is nou in ons huise en lewens deur middel van media, TV, en Selfone. Nie een van ons is kwytgeskeld nie. en daarom is hierdie boodskap so dringend vanoggend. Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. ------- GEBED. VADER, in hierdie oggend kom ons voor U en belei ons sondes. Ons laat dinge toe wat nie in ons lewens hoort nie en ons maak ons huise oop vir sondes en ons gee toegang tot ons gesin deur goedkeuring daarvan. Gee ons asb die krag om van vandag af, sonde op die naam te noem en laat ons dit nie in ons huise of ons lewens toelaat nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons dubbele standaarde. Gee ons asb vandag die krag om te breek met die sonde. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 19, 2026
14. TOE gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskáriot, na die owerpriesters 15. en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg. 16. En van toe af het hy 'n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer. *** Kern gedeelte: "het hy 'n goeie geleentheid gesoek" Nie almal in jou lewe, wat tans die lewenspad saam met jou stap is jou vriende nie. Baie mense sal die pad saam met jou stap, terwyl dit tot hulle voordeel is, maar die dag sal kom wanneer die tyd reg is in hulle opinie, en dan sal die ware kleure na vore kom. En moenie dink dat dit nie met jou sal gebeur nie, want selfs JESUS CHRISTUS ons Verlosser is deur die mens verraai. Ons soek almal na die een persoon wat na ons rug sal kyk, sodat iemand ons nie onverhoeds betrap nie, maar sekere mense kyk na jou rug en soek na 'n goeie plek om jou in die rug te steek. Hou dit wat privaat is vir jouself, en deel met die wêreld en sy mense net dit wat hulle nodig het om te weet. ------- GEBED. VADER, dankie dat U ons vanoggend daarop wys dat ons moet leer om stil te bly, dat ons nie alles met almal moet deel nie. Laat dit wat privaat is, privaat bly en dat ons nie alles aan almal bekend moet maak nie. Ons vra vir U beskerming en vra ook dat U die mense uit ons lewe sal verwyder wat nie daar moet wees nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir reg en geregtigheid in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
February 18, 2026
13. As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. 14. En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? 15. Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. *** Kern gedeelte: "As U nie self meegaan nie" Vanoggend is die boodskap laat, nie omdat hierdie dag anders as ander dae is nie, maar my gesindheid was anders. Normaalweg neem ek soms die boodskap bitter vroeg op en stuur op meer aanvaarbare tyd uit, maar vanoggend was anders. Ek was reeds 02h00 op die pad na plekke waar ek moet wees, en ek sit nou langs die pad die boodskap en uitstuur. As u dit vreemd vind, weet net, dit is nie vreemd nie, wat soos almal het ons ook besluite om te maak. Gedurende die afgelope vyf ure het ek nagedink oor ons lewe en besigheid pad vorentoe, en die slotsom is, SONDER GOD, NIE 'N TREE NIE. As GOD ons nie lei en self met ons meegaan op die lewenspad nie, dan bly ons waar ons is, en alles bly soos dit is. ------- GEBED. VADER, dit is tyd om te stop, tyd om U te nader oor ons lewenspad vorentoe. Laat ons geen haastige spronge maak nie, maar laat ons op U wag om vir ons die pad te wys, dat U ons sal lei binne U Wil en binne U Weg. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons U Leiding af oor ons lewenspad vorentoe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Cell: +27716283107
February 17, 2026
1. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? 2. My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het! *** Kern gedeelte: "My hulp is van die Here" Ek wil nie graag iets byvoeg nie, maar wil net die volledige Psalms 121 lees. * Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? * My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. * Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. * Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. * Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand. * Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. * Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. * Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. ------- GEBED. VADER, U weet dat ek vanoggend 'n ander Woord gedeelte in gedagte gehad het, maar hierdie gedeelte bly my op die hart gelê word. In gehoorsaamheid stuur ek hierdie boodskap uit en mag U Heilige Gees met hierdie woord saamgaan sodat dit vanoggend op die regte ore sal val. Laat U Geestelike versterking ons ophef uit die massas probleme wat ons wil oorweldig. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat hopeloos en verlore voel. Geen asb aan elkeen die krag en sterkte. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings