II KORINTHIËRS 9:6-8 AFR53
6. Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
7. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
8. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
***
Kern gedeelte:
"Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai"
Ek weet nie eintlik hoe om dit beter te verduidelik as wat die Woord van GOD dit alreeds vir ons stel nie.
Ons moenie gee met die doel of gedagte om iets daarvoor in ruil terug te kry nie, maar soos wat jy met oop hand gee, sal jy weer met daardie oop-hand van GOD kan terug ontvang.
Werp jou brood op die water en na vele dae sal dit na jou toe terugkom.
Maar moenie net uitgaan en begin uitdeel nie, maar bid eers daaroor en vra dat GOD se Heilige Gees jou sal lei na waar daar werklik nood is.
Gee soos dit op jou hart gelê word, want GOD het die blymoedige gewer lief.
-------
GEBED.
VADER, so dikwels raak ons vasgevang in ons eie probleme, dat ons nie die nood van ander sien nie. As ons dan kyk waar die seëninge van ander lê, dan vind ons dit nog by ons, omdat ons in U voorsiening twyfel. Leer ons asb hoe om met oop hande deur die lewe te gaan, sodat U seëninge ook kan deurvloei na ander toe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees in ons hart sal inspreek, en ons sal lei in hierdie dag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283207





