II KORINTHIËRS 12:8-10 AFR53
8. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.
9. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
10. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
***
Kern gedeelte:
"My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"
Elkeen van ons het daardie een probleem, worsteling wat nie wil wyk nie, waaroor ons waarskynlik meer as drie keer oor gebid het.
Miskien soos Paulus sê, dat hierdie doring in sy vlees hom juis nederig gehou het, sodat hy ten alle tye sou weet waar sy krag vandaan kom.
As jy vanoggend ook worstel met 'n aanhoudende kwelling of probleem in jou lewe, moenie wegdraai van GOD nie, maar wees standvastig in GOD want Sy Genade is ook vir jou genoeg.
-------
GEBED.
VADER, gee asb aan ons die krag om te aanvaar, wat ons nie kan verander nie en dat ons nie deur die worsteling of probleem van U weggedryf word nie, maar dat ons juis nader aan U sal beweeg, want U sal ons die krag gee om te oorkom. Laat ons in hierdie swakheid begin roem ter ere van U Naam.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om te oorkom!
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





