JOHANNES 11:39-40 AFR53
39. Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.
40. Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?
***
Kern gedeelte:
"Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?"
Vanoggend is ek laat, en daarom is die boodskap laat en dit bring my by die gedagte dat dit maak nie saak wat ons doen, waar ons gaan nie, GOD was nog altyd betyds en altyd het alles presies volgens Sy Plan verloop.
Maar ons ongeduld, eiesinningheid en verkeerde keuses wek die gevoel op dat GOD laat is.
Miskien is die huidige vertraging juis jou beskerming, want GOD weet dat jy weereens in die verkeerde rigting wil beweeg.
As jy vanoggend voel dat niks gebeur nie, en jy voel dat alles besig is om inmekaar te val, weet dit dat in GOD se plan is alles besig om vir jou in plek te val.
Staan sterk, want GOD is nooit laat nie.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir die bevestiging dat alles besig is om in plek te val, en dat U plan vir ons lewe tot uitvoer sal kom. Gee ons asb die krag om in standvastigheid op U te wag, want U is 'n Waarmaker van U Woord.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat deur vrees en twyfel oorweldig word. Gee hulle asb U vrede wat alle verstand te bowe gaan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





