II KONINGS 17:13-14 AFR53
13. En die Here het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
14. Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op die Here hulle God vertrou het nie.
***
Kern gedeelte:
"Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders"
Tans het ons 'n tydperk bereik waar GOD ons land Suid-Afrika aan sy eie lot oorgelaat het.
Maar hierdie tydperk wat ons nou ingaan is slegs die voorloper van die vyf jaar van waar ons land deur beproewing, geweld, hongersnood en onstabiliteit sal gaan.
Maar dit is nodig dat die veld eers brand voor die nuwe gras sal groei, en so sal 'n nuwe generasie opstaan wat hulle tot GOD sal bekeer, en Hom in waarheid sal dien.
En weet dit, dat ons land Suid Afrika sal uit die "verbrande as" sal opstaan, en dan wanneer ons, ons tot GOD in waarheid gewend het, sal Hy hierdie land van ons seën, en ons sal groei beleef soos nog nooit tevore.
Jy kan na die boodskap luister, en GOD vra om jou te lei en beskerm deur hierdie tyd, of jy kan jou nek verhard en aangaan soos jy tans doen.
Dit bly ons elkeen se keuse.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend se boodskap is nie wat ons wil hoor nie, en al ignoreer ons dit, gaan die uitkoms nie verander nie. Daarom vra ons dat U, ons sal rig en lei, ter voorbereiding van dit wat wat oppad is. Laat ons nie vrees vir slegte nuus nie, maar sal staan in die wete dat U ons sal beskerm en dat U ons ook deur hierdie tyd sal dra.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid dat U Heilige Gees ons sal lei ter voorbereiding, soos dit U behaag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





