LUKAS 18:1, 7 AFR53
1. EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,
7. Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
***
Kern gedeelte:
"dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie"
Om die konteks van die boodskap te verstaan, moet ons al die verse van 1-7 lees, maar ongeag, volhard in gebed, want gebed verander sake.
GOD weet ook om sekere van ons gebede nie te verhoor nie, tot ons eie beskerming, want as sekere dinge nou gebeur, sal dit ons toekoms nadelig beinvloed.
Ons mag dalk nie nou verstaan nie, maar in tyd sien ons hoe die hand van GOD ons, teen onself beskerm het.
Hou aan bid en bid en bid dat GOD Sy plan vir jou lewe tot uitvoer sal bring.
Moenie teen die prikkels probeer skop nie, en moenie jou eie kop volg nie.
Hou aan bid, en in GOD se tyd sal Sy plan tot uitvoer kom.
-------
GEBED.
VADER, dikwels raak ons moedeloos omdat alles net hang en dit vir ons voel of daar geen beweging is nie. Ons verstaan nie dat U reeds aan die werk is, waar ons nog nie kan sien nie. Gee asb aan ons die begrip om te verstaan, dat as die antwoord nee is, is dit tot ons eie beskerming. Laat ons nie ongeduldig word nie, maar gee ons asb die krag sodat ons sal volhard in gebed.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U vanoggend elkeen sal versterk wat moedeloos voel en voel dat hulle gebed slegs die plafon tref.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





