LUKAS 6:12-13 AFR53
12. EN Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.
13. En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:
***
Kern gedeelte:
"en die nag in die gebed tot God deurgebring"
Het jy al die slagspreek gehoor wat sê: As jy die knieg voor GOD buig, kan jy staan voor enige mens.
Hierdie waarheid dring nie altyd deur na ons toe nie, maar die teksvers wys dit duidelik dat, voor die kies van twaalf dissipels, het JESUS eers deur-nag gebid, voor hy die keuse gemaak het.
Ons staan miskien voor keuses en enige belangrike besluit sonder gebed is 'n verkeerde besluit.
Daarom, stel dit eerder uit, bid dit deur, en as jy bevestiging ontvang het, en jy voel kalm oor die besluit, gaan dan voort.
Bid dat jou besluit binne GOD se Wil sal wees en volgens Sy plan vir ons lewe.
Selfs in JESUS se geval moes dit binne GOD se Wil wees, want uit die groep van twaalf moes daar een veraaier ook gekies word.
-------
GEBED.
VADER, ons faal omdat ons nie alles aan U opdra in gebed nie. Ons is oorhaastig in ons besluite en neem nie die tyd om te wag op U bevestiging nie. Ons bid dat U ons sal help om te fokus op ons gebeds lewe en dat die vuur van U Heilige Gees in ons, weer aangesteek sal word. U sê as ons in geloof bid, kan ons berge versit. Gee ons asb die insig om die krag van gebed te begryp.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons die krag sal gee om te volhard in gebed.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za.
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





