II KORINTHIËRS 7:9-10 AFR53
9. Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie.
10. Want die droefheid volgens die wil van God werk 'n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.
***
Kern gedeelte:
"Want die droefheid volgens die wil van God werk 'n onberoulike bekering tot redding"
Almal ken die gesêgde: As jy nie wil hoor nie, moet jy voel!
En so is dit ook in ons lewe.
Ons sal onverpoost voortgaan met ons lewe, totaal verwyderd van GOD en Sy geregtigheid, tot ons in die meule van die lewe beland.
Eers dan wanneer ons lewe in 'n warboel is, wanneer dinge moeilik raak, gaan ons oë oop, en sien en ervaar ons die reddende genade van GOD.
As jy tans in hierdie posissie is, rig jou oë na GOD, want by Hom is jou genesing en uitkoms.
By GOD sal jy vrede vind wat alle verstand te bowe gaan.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons vanoggend daarop wys dat dit soms nodig is vir ons om deur die storms, die meule van die lewe te gaan, sodat ons weer ons pad na U kan terugvind. Sodat ons weer opnuut kan sê, my Rots en my Vesting, my GOD op wie ek vertrou. Dankie dat U ons krag tot redding is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U elkeen sal versterk wat hierdie boodskap lees, of daarna luister.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





