I JOHANNES 1:8-10 AFR53
8. AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
9. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
10. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
***
Kern gedeelte:
"As ons ons sondes bely"
Sedert gister lê hierdie boodskap op my hart, en loop en bepeins ek dit deurlopend.
Dan spreek die Heilige Gees in my hart in, en ek besef weereens hoe belangrik dit is om ons sonde te bely.
Almal maak foute en dikwels sien ons dit nie nie eers as sonde nie, maar wanneer ons voor GOD kom stilraak, dan dryf dit na bo, soos dooie visse in die water en versuur die beeld van ons geestelike lewe.
In Spreuke 28:13 lees ons,
Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
Moenie toelaat dat onbelyde sondes jou gebede verhinder nie, maak oop voor GOD en laat alles gaan wat jou beperk.
Of jy dit wil erken of nie, sonde word 'n skeidsmuur tussen ons en GOD.
-------
GEBED.
VADER, ons loop so lank met onbelyde sondes omdat ons dalk voel dat ons sondes te groot is om te vergewe. Gee ons asb die krag om met 'n opregte hart voor U te kom, alles te bely, vergifnis te vra en ons dan weg te keer van daardie weë. Laat ons besef, U is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Gees alle onbelyde sondes in ons lewe na vore sal bring, sodat ons dit kan bely en laat staan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





