II KONINGS 6:15-17 AFR53
15. En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar 'n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?
16. Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.
17. En Elísa het gebid en gesê: Here, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die Here het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.
***
Kern gedeelte:
"Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is"
So dikwels kom ons in situasies, en verander die omstandighede en draai die gety teen ons.
Ons eerste reaksie is, ag HERE, hoe nou gemaak, hoe sal ek hier deurkom en hoe gaan ek dit kan hanteer.
Al lyk die situasie oorweldigend, en die oormag van omstandighede teen jou, te veel om te hanteer, dan is die boodskap vanoggend;
Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.
Groter is HY wat in jou is, as hy wat in die wêreld is.
Maar dit is eers wanneer GOD jou oë open dat jy Sy oplossings sal sien, sy ondersteuning sal ervaar.
-------
GEBED.
VADER, ons bid vanoggend dat U ons oë sal open en ons ore laat hoor, sodat ons na die stem van U Heilige Gees sal luister en ons die voor die hand liggende oplossing sal sien wat U reeds vir ons berei het. Laat ons nie hierdie dag met oogklappe van vrees ingaan nie, maar met geopende oë van geloof tot redding.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons, open tog ons oë, dat ons kan sien!
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 725104040





