GÉNESIS 45:4-5 AFR53
4. Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het.
5. Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.
***
Kern gedeelte:
"Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het"
As ons die verhaal van Josef gaan lees, sal ons weet dat Josef op hierdie stadium al die krag en mag gehad het, om hom op sy broers te kon wreek.
Maar hy het die keuse gemaak om die strydbyle te begrawe, en sy broers te vergewe.
Wat verby is, is verby en ons moenie toelaat dat onvergifnis, ons beperking word nie, want wraaksugtigheid sal jou verteer.
Onvergifnis is skadelik vir liggaam, siel en gees.
Aan die einde van die dag is jy die een wat daaronder gaan lei.
Die verlede is die verlede, begrawe die strydbyle en hou aan om die pad in geregtigheid saam met GOD te stap.
Laat GOD met elkeen deel en hulle werke op hulle hoofde laat neerkom soos dit Hom behaag.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat ons vanoggend kon opstaan met vergifnis in ons hart. Dat ons die strydbyle voor U voete kan plaas, en sake van geregtigheid en oordeel in U hande kan los. Dankie dat ons vry kan wees van die juk van onvergifnis. Dankie dat U ons vergewe, omdat ons ander ook vergewe het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, vergewe ons ander en spreek ons hulle vry.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





