LUKAS 3:7-9 AFR53
8. Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.
9. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
***
Kern gedeelte:
"Dra dan vrugte wat by die bekering pas"
Gereeld hoor ek die woord 'bekering' en die woord gly so maklik oor die tong wanneer ons ander mense wil beindruk.
Maar wat beteken die woord?
Bekering is die berou oor die sonde, die belydenis daarvan en wegkeer/laat staan van die sonde, om nie meer daarmee voort te gaan nie.
Ons kan wel voorgee, maar ons voorgee gaan ook net so lank hou, en dan sal die ware vrugte na vore, dan sal die wat rondom ons is, ons sien vir wie en wat ons werklik is.
Neem vanoggend so oomblik van stilte, lig die sluier van verskansing en kyk na die vrugte wat jy dra, of dit wel by die bekering pas.
Weet dit, die byl lê reeds teen die wortel van die boom!
-------
GEBED.
VADER, dankie vir die geleentheid wat U ons vanoggend gee om nog tot bekering te kan kom. As ons sê dat ons reeds tot bekering gekom het, laat U Heilige Gees asb op ons inwerk en die vrugte wat nie by die bekering pas nie, uitwys sodat ons, ons daarvan kan wegkeer, die sonde kan laat staan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat siele tot ware bekering sal kom.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





