II KORINTHIËRS 6:1-2 AFR53
1. EN as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.
2. Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
***
Kern gedeelte:
"In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp"
So dikwels probeer ons dinge forseer, maar soos die Woord van GOD vanoggend vir ons sê, sal alles gebeur in GOD se tyd, volgens Sy plan vir ons lewe.
Op die regte tyd, in die tyd van welbehae sal Hy ons verhoor, en sal Hy sake verander, sal Hy nuwe rigting vir ons lewe gee.
Moenie ongeduldig raak, wanneer sake nie volgens ons planne verloop nie, maar wag op GOD, want GOD se tyd is die perfekte tyd.
Moenie deure probeer oopskop wat eerder toe moes gebly het nie!
-------
GEBED.
VADER, nederig staan ons vanoggend voor U en vra dat U ons ongeduld sal vergewe, ons eiesinnigheid sal oorsien. Neem ons asb aan die hand en lei ons op die pad wat U vir ons beplan het. Laat ons nie in ons oorywerigheid struikel nie, maar sal wag tot U die deure vir ons sal open.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat voel dat hulle vêr van GOD verwyderd is.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





