SEFÁNJA 3:1-3 AFR53
1. WEE die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.
2. Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die Here vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
3. Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.
***
Kern gedeelte:
"WEE die opstandige en die besoedelde"
Is die bognoemde teksverse nie 'n akkurate beskrywing van die toestand van ons land nie, en tog beweeg ons as GOD se volk net verder en verder van Hom af weg.
Deurlopend, deur die Woord van GOD, moes daar eers 'n strafgerig plaasvind, voordat die volk tot GOD sou nader.
Ons kan heeldag daaroor kla of ons kan iets daaraan doen.
Moenie rondloop en verkondig dat alles te laat is nie, maar laat elkeen van ons eers voor ons eie deur vee, en laat elkeen van ons die verandering in ons eie huis bring.
Hoe verander ons sake in ons huise en ons land?
* Deur te luister na GOD se Stem.
* Deur GOD tugtiging aan te neem.
* Deur ons vertroue weer in GOD te plaas.
* Deur weer daagliks tot GOD te nader.
Onthou, laat ons tot GOD nader, en Hy sal tot ons nader, niks is ooit te laat nie.
-------
GEBED.
VADER, U Woord is waarheid, maar soos deur die geskiedenis bewys, moet U volk eers struikel, ons moet eers val voor ons tot U sal nader en na U stem begin luister. Ons vra asb vir die krag om nie vir ander te wag nie, maar dat die verandering vandag by elkeen van ons sal begin, deur ons huise na die wêreld daar buite.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om op te staan en 'n verskil te maak waar dit binne ons mag is.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





