DEUTERONÓMIUM 28:1-2 AFR53
1. AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
2. En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.
***
Kern gedeelte:
"En al hierdie seëninge sal oor jou kom"
Baie van ons kan nie verstaan hoekom GOD se Goedheid en Guns ons nie volg nie, maar dan moet ons dalk DEUTERONÓMIUM 28 stadig en aandagtig gaan deurlees en self ondersoek begin doen.
Ek gaan nie die fout by ander soek nie, want waarskynlik lê die probleem ook dalk by my!
Daarom, voor ek oordeel, gebruik ek eerder die geleentheid om seën en lewe oor ander mense se lewe te spreek.
Ons kan ander kritiseer en vingers wys, maar onthou, daar sal altyd drie vingers terug wys na ons toe.
Vandag wil ek vir jou sê, Mag die seëninge van DEUTERONÓMIUM 28 oor jou lewe kom, oor jou huis, jou gesondheid, jou finasies en oor jou kinders.
Mag jy wat hierdie lees of luister, van vandag af, die kop wees en nie die stert nie, en mag jou vyande op sewe paaie voor jou uitvlug.
Geseênd is jy in alles wat jy jou hand aan slaan.
-------
GEBED.
VADER, seën asb elkeen wat hierdie boodskap lees of luister, en mag U Goedheid en Guns hulle volg al die dae van hulle lewe. Mag elkeen van ons 'n Gees geleide lewe lei, en dat ons U Stem hoorbaar kan hoor en ons bid vir die gehoorsaamheid om daarop te reageer.
Seën asb elkeen van ons se ingang en ons uitgang, en mag ons voete standvastig op die Rots gevestig wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor elke situasie.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





