PSALMS 146:1-5 AFR53
1. HALLELUJA! Loof die Here, o my siel!
2. Ek wil die Here prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.
3. Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.
4. Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.
5. Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die Here sy God,
***
Kern gedeelte:
"Ek wil die Here prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my GOD"
Vanoggend wil ek net vir jou sê, moenie GOD net prys wanneer dit goed gaan nie, maar prys GOD deurentyd.
Loof en prys Sy Heilige Naam selfs in jou donkerste omstandighede.
Roep uit tot GOD in jou omstandighede en dank Hom vir jou lewenspad vorentoe.
'n Pad van voorspoed, waar GOD jou binne Sy Wil sal lei.
Jou omstandighede word verander wanneer jy selfs daarin, GOD se plan kan sien, die uitweg wat wag.
Die donker in jou lewe verdwyn wanneer jy die Lig van JESUS CHRISTUS in jou lewe laat skyn.
Staan vanoggend op, loof en prys Sy Heilige Naam, en kyk hoe die gety van omstandighede begin draai.
-------
GEBED.
VADER, in alleen is ons vertroue en in U alleen is ons hoop. Daarom staan ons vanoggend op en ons loof en prys U Heilige Naam en gee aan U die eer. Ek is nie bekommerd oor my omstandighede nie, want U is nie net in my omstandighede nie, U is groter as my omstandighede, en deur U Woord word ons storms in 'n oomblik stil.
In die Naam van ons Meester YESHUA, gee ons aan U die lof en die eer, selfs in die donkerste omstandighede.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





