OPENBARING 20:12-13, 15 AFR53
12. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
13. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
15. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
***
Kern gedeelte:
"volgens hulle werke"
Vandag is een van die boodskappe wat self spreek sonder dat ek veel hoef by te voeg, maar drie dinge is 'n realiteit al probeer soveel mense dit wegpraat.
* Elkeen sal geoordeel word vir sy eie werke.
* Die moontlikheid bestaan dat jou naam nie opgeskryf sal word in die boek van die lewe nie.
* Die vuurpoel, die Hel is 'n realiteit.
Mag vandag se boodskap, stof tot nadenke wees vir elkeen van ons, want voor GOD gaan ons elkeen vir sy eie dade verantwoording doen.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat daar geen onduidelikheid is in U Woord nie. Elkeen van ons maak sy eie keuse, en elkeen staan pa vir dit wat hy in hierdie leeftyd doen. Help ons asb om die inwerking van U Heilige Gees te ervaar sodat ons daagliks daarna sal strewe om binne U Woord te lewe. Mag U Woord en U Naam nooit van ons lippe wyk nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons sondes, en bid ons vir siele tot bekering.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





