MATTHÉÜS 12:34-37 AFR53
34. Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
35. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.
36. Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
37. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
***
Kern gedeelte:
"uit jou woorde sal jy veroordeel word"
Plaas 'n wag voor jou mond!
In Spreuke 10 staan geskrywe dat in die veelheid van woorde, ontbreek die sonde nie en die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe.
Soms in die hitte van die oomblik wil ons iets kwytraak, wanneer die frustrasie begin oorkook.
Waak egter daarteen want woorde kan nooit weer terug getrek word nie.
Dit geld ook vir mense in jou lewe, pasop vir die man van vele woorde want daarin skuil die strikke van die lewe.
In elke woord, in elke saak, bid vir bevestiging deur die Heilige Gees, en GOD sal die valsheid van die woorde aan jou openbaar.
Wanneer jy egter praat, laat jou woorde 'n fontein van lewe wees.
-------
GEBED.
VADER, ons bid vir vergifnis van ons sonde, want ons gemoed is haastig in die woorde wat ons spreek. Tog leer U Woord ons dat selfs 'n sot wat swyg, kan as wys aangesien word. Beskerm ons teen die woorde van ons mond dat ons nie daardeur verstrik raak nie. Leer ons asb dat woorde kosbaar is en net gespreek moet word wanneer dit nodig is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir woorde van wysheid en van seëninge vir ander.
Amen.
-------
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel+27716283107





