MATTHÉÜS 6:1-4 AFR53
1. PAS op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
2. Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie 'n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
3. Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,
4. sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
***
Kern gedeelte:
"laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie"
Soveel mense wil tog deur ander mense gesien word, deur ander mense geprys word.
Wanneer daar 'n uitreik na mense toe is, neem dan die nodige video of fotografiese materiaal, maar moet nie ten koste van ander mense doen nie.
As jy iemand gehelp het, is dit nie nodig om dit by elke plek aan mense te vertel, op die media te plaas net om deur mense gesien te word nie.
GOD ken die motiewe van die hart, en om mense te verneder ter wille van jou eie eer is nie aanvaarbaar nie.
Wanneer jy mense moet help, laat die Heilige Gees jou daarin lei.
Jy sal ervaar of jy die hand na iemand moet uitreik of nie, en as jy dit gedoen het, laat dit wees, niemand het nodig om te weet nie
-------
GEBED.
VADER, wanneer ons die eer van mense soek, kan ons nie in dit wat ons doen, aan U die eer aan U gee nie, want onself wil deur die mense geeër word. U Woord is duidelik dat ons U eer nooit moet aanraak nie, en daarom vra ons vir Leiding deur U Heilige Gees in elke saak.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir gehoorsaamheid aan U Stem.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





