LUKAS 18:38-42 AFR53
38. Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!
39. En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!
40. En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom
41. en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.
42. En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.
***
Kern gedeelte:
"Maar hy het al harder uitgeroep"
Vanoggend is die boodskap, roep al harder, moenie toelaat die die geraas van hierdie wêreld, die Stem van GOD in jou stilmaak nie.
Daar is soveel tyd vir ander dinge maar daar is nooit tyd vir GOD nie.
As enige iemand vanoggend met my wil verskil, dan het ek net een vraag, kyk na jou skerm tyd op jou foon vir die week, en kyk na na die tyd wat jy in stilte in GOD se Woord deurgebring het.
Die geraas in jou lewe is die dinge wat jou weghou van die voete, die teenwoordigheid van GOD, sodat jy met die wêreld bemoeid raak en die Verlossing plan, die ewige lewe sal mis.
Maar as jy vanoggend al harder roep en jou aandag toenemend aan GOD en Sy Woord toewy, sal jy ook die antwoord kry.
En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.
-------
GEBED.
VADER, gee ons asb die krag om nooit te swyg oor U Woord, U gebooie of die redding wat U vir ons bewerkstellig het deur U Seun nie. Versterk ons asb, beklee ons met U wapenrusting deur die inwerking van U Heilige Gees. Laat ons van vandag af, bo die geraas van hierdie wêreld kan uitroep, sodat almal sal weet wie is ons GOD, en wie is ons Verlosser.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons die krag sal gee om op te staan, en uit te staan in hierdie wêreld.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansmekoms.co.za
Sel: +27716283107





