II KRONIEKE 28:19, 21-22 AFR53
19. want die Here het Juda verneder ter wille van Agas, die koning van Israel, omdat hy losbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen die Here gehandel het.
21. want Agas het die huis van die Here en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was.
22. Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen die Here begaan, dieselfde koning Agas:
***
Kern gedeelte:
"die Here het Juda verneder ter wille van Agas"
Vanoggend se woord is so toepaslik op ons land Suid-Afrika!
GOD is besig om ons land te verneder ter wille van ons leiers wat van GOD af weggedraai het, en agter die afgode van hierdie wêreld aanhardloop.
Maar Pasop, voor ons 'n vinger wys na die regering, laat ons besef dat ons is die hoof van ons huis en ons sal ook vernedering oor ons huis bring as ons ontrou teenoor die HERE handel.
Hierdie boodskap sal nie by almal insink nie, want soos Agas, toe GOD hom in benoudheid gebring het, nog meer ontrou gehandel het, so sal sekere van ons, in ons ontrou voortgaan.
Dit is reg, dit is elkeen se keuse, maar as ons vernedering oor ons huis bring, moet ons nie vra hoekom nie, want ons is gewaarsku.
-------
GEBED.
VADER, U het vanoggend tot ons gespreek deur U Woord, maar die keuse van gehoorsaamheid lê by elkeen van ons. Ons kan vandag die lot van ons huis, ons gesin en families bepaal, deur te kies om voort te gaan en nog meer ontrou te handel. Of ons kan kies om van die wêreld weg te draai, en te verklaar, dat ek en my huis, ons sal die HERE dien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die regte keuse, die keuse om aan U getrou te bly.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





