SEFÁNJA 1:17-18 AFR53
17. En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die Here gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.
18. Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die Here te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, 'n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.
***
Kern gedeelte:
"Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die Here te red nie"
Met watter gedagtes het jy vanoggend wakker geword, en met watter gesindheid gaan jy hierdie dag in?
Is jou vertroue volkome op GOD, of staan jy nog met een voet in die wêreld waar jy tans besig is om te steun op die arm van vlees.
As jy meer bevoorreg is as die volgende persoon, moenie geld jou god maak nie, want dit gaan jou nie in die hemel bring nie.
Ons geloof in JESUS CHRISTUS, en gehoorsaamheid aan GOD se gebooie is wat jou in hemel sal inbring.
Die res is genadegawes van GOD waarmee jy geseën is.
Moenie 'n afgod maak van dit wat GOD jou meë geseën het nie.
Dien GOD met 'n volkome hart en soek jou wysheid en insig slegs by Hom alleen.
-------
GEBED.
VADER, ons bid vanoggend vir nederigheid, nederigheid en nederigheid sodat ons sal weet waar ons hulp vandaan kom. Gee ons asb die krag om nooit te dink dat dit wat die wêreld bied, groter is as U nie. U is ons Rots en ons Vesting, ons GOD op wie ons vertrou.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons sondes, selfs vir die onwetende sondes in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel+27716283107





